Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Die Brand" deur JAN CELLIERS
" Die Brand" deur JAN CELLIERS [boodskap #4962] |
Wo, 12 Julie 2006 00:29 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
DIE BRAND
Jan F. E. Celliers
(1865 - 1940)
Dit is die winterwind wat waai,
al wenend deur die lange nag,
al wenend om die verre dag;
die twye swenk, die takke swaai -
dit is die winterwind wat waai.
Hy sleep die sug van eeue mee
uit dieptes van die diepe see,
en waar vergane skepe rus
op menig maan-gebleekte kus;
hy sing van lang-vergete wee:
hy bring die sug van eeue mee.
Hy kom oor velde ver en wyd,
oor grafte in hul eensaamheid,
waar moeders van hul sorge rus,
waar kindersnikkies is gesus -
dit is die lied van die eensaamheid -
hy kom oor velde ver en wyd.
*
"My ma, ek hoor van verre om
'n dreuning oor die velde kom!"
"Dit is die bome in die wind:
die wilgertakke kreun, my kind." -
"My ma, ek hoor my brakkie huil:
wat sou daar kruip, wat sou daar skuil?" -
"My kind, die nag is koud en lang:
die diertjie is alleen en bang."
"My ma, dit dreun al in die rond
soos perdehoewe op die grond;
my ma, wat lig daar soos 'n vuur
van buite op die kamermuur?
My ma, daar brand die koringmiet!" -
"My kind, die Heer se wil geskied!"
*
Daar staan 'n moeder met haar kind
allenig in die winterwind -
en niemand wat haar trane siet,
en niemand wat haar trooste bied.
En wilde vlamme strooi dit wyd,
die vrug van lange lewensvlyt -
in vonke deur die lug gesaai,
in vonke wat die wind verwaai.
Haar kindjie, aan haar bors gevou,
beskut sy teen die winterkou -
die trane wat sy swyend ween,
so op haar wang tot ys versteen.
En winterwinde sing die lied
van eensaamheid en stil verdriet;
en sonder weerklank sterf die klag
op wye velde in die nag,
al sugtend deur die gras se saad -
en verre is die daeraad.
Die twye swenk, die takke swaai,
dit is die winterwind wat waai...
|
|
|
Re: " Die Brand" deur JAN CELLIERS [boodskap #4971 is 'n antwoord op boodskap #4962] |
Vr, 14 Julie 2006 07:55 |
Koot
Boodskappe: 218 Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Sjoe, nou bring jy darem ou herinneringe terug...
Koot
Hessie wrote:
> DIE BRAND
> Jan F. E. Celliers
> (1865 - 1940)
>
> Dit is die winterwind wat waai,
> al wenend deur die lange nag,
> al wenend om die verre dag;
> die twye swenk, die takke swaai -
> dit is die winterwind wat waai.
>
> Hy sleep die sug van eeue mee
> uit dieptes van die diepe see,
> en waar vergane skepe rus
> op menig maan-gebleekte kus;
> hy sing van lang-vergete wee:
> hy bring die sug van eeue mee.
>
> Hy kom oor velde ver en wyd,
> oor grafte in hul eensaamheid,
> waar moeders van hul sorge rus,
> waar kindersnikkies is gesus -
> dit is die lied van die eensaamheid -
> hy kom oor velde ver en wyd.
>
> *
>
> "My ma, ek hoor van verre om
> 'n dreuning oor die velde kom!"
> "Dit is die bome in die wind:
> die wilgertakke kreun, my kind." -
> "My ma, ek hoor my brakkie huil:
> wat sou daar kruip, wat sou daar skuil?" -
> "My kind, die nag is koud en lang:
> die diertjie is alleen en bang."
>
> "My ma, dit dreun al in die rond
> soos perdehoewe op die grond;
> my ma, wat lig daar soos 'n vuur
> van buite op die kamermuur?
> My ma, daar brand die koringmiet!" -
> "My kind, die Heer se wil geskied!"
>
> *
>
> Daar staan 'n moeder met haar kind
> allenig in die winterwind -
> en niemand wat haar trane siet,
> en niemand wat haar trooste bied.
>
> En wilde vlamme strooi dit wyd,
> die vrug van lange lewensvlyt -
> in vonke deur die lug gesaai,
> in vonke wat die wind verwaai.
>
> Haar kindjie, aan haar bors gevou,
> beskut sy teen die winterkou -
> die trane wat sy swyend ween,
> so op haar wang tot ys versteen.
>
> En winterwinde sing die lied
> van eensaamheid en stil verdriet;
> en sonder weerklank sterf die klag
> op wye velde in die nag,
> al sugtend deur die gras se saad -
> en verre is die daeraad.
>
> Die twye swenk, die takke swaai,
> dit is die winterwind wat waai...
|
|
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Vr Nov 15 10:26:55 MGT 2024
|